Donderdag,09-September -2010
     
Tuisblad Wie is ons Getuienisse www.nuwebegin@nz....
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
 
Kaalvoet oor die Drakensberge, of halfpad om die wereld in ‘n ekonomies-beknopte 747. Jou hele lewe in ‘n kakebeenwa agter ‘n paar osse, of jou hele lewe in ‘n container op ‘n skippie op die see. Kafferoorloë met Dingaan en Moshesh, of ‘n skaakspel met immigrasie. Dis in ons bloed. ‘Begin by die Toring van Babel en deur hoeveel millenieums voortgesit tot waar ons onthou begin:
1652 aan die voete van ons mooiste Berg…Hollanders, Franse Hugenote, Britse Setlaars, Duitsers…Ek noem spesifiek hulle, want hulle almal se bloed vloei binne-in my. Hulle almal had die moed om ‘n nasie te vorm waaruit ek gebore kon word. Ek – ‘n Boer – ‘n Afrikaner – trots Afrikaans! ...en verdryf uit my land…

Ek het jou stof van my voete afgeskud…Hoe het ek nie vir jou gebloei nie! Hoe het ek nie in jou naam my nasietrots bely nie! Hoe het my hart nie stukkend gebreek oor jy jou eie kinders so verniel nie…Jy - die land wat Afrika die liefste had – want nie eers ’94 kon jou die naam laat ontse nie: Suid – A F R I K A.

Ons is die kinders wat jou die liefste had. Juis daarom dat ons jou moes verlaat: Om miskien nog ‘n stukkie van jou mooi te behou en die stukkie veilig in ons verlede toe te vou.

Eens kon ek die water uit jou krane drink! Eens kon ek, kind onskuldig, in jou parke speel! Eens kon ek asem haal sonder dat roet my longe vul. Eens kon ek lewe, sonder om die voortbestaan van die woord te vrees.
 
Nog voor oranje-blanje-blou ‘n vloekwoord was, mag ek nog die woorde gesing het, wat my eie kinders nie eers ken:
“…Oor ons ver verlate vlaktes, met die kreun van ossewa
Ruis die stem van ons geliefdes, van ons land Suid-Afrika
Ons sal antwoord op jou roepstem!
Ons sal offer wat jy vra!
Ons sal lewe - ons sal sterwe -  ons vir jou, Suid-Afrika!”

Maar om jou so lief te gehad het, het ‘n vloekwoord geword. Hoe bly jy lief as jy die kern van jou liefde nie mag erken nie?
Jy het my verraai.
 
So toe vat ek my goed en ek vlieg. En dit wat nie kon vlieg nie, laat ek vaar (as jy my die dubbelsinnigheid sal verskoon)
Hier is ek nou. En hier, aan die anderkant van die wereld, vind ek die beste van jou: Mede-stryders. Mede-moediges. Mede Afikaanse Boere! My mense!  Hier vind ek EEN AFRIKAANSE Kerk. Hier vind ek jou leuse waar dit saak maak: nie op ‘n oorlogsveld nie, maar in die warm drukkies teen my lyf, die uitreik van ‘n naaste-hand. Die empatie  van ‘n volksgenoot wat se: Hou moed! Ons trek saam hierdie wa ook deur die drif – al is die drif ‘n groot oseaan en die wa ‘n skip.

Hier het snobisme erens tussen al die eenders-lykende containers geerrodeer. Hier word ons almal se hormoon-belaaide-sturm-und-drang-drome waar: ons almal bly op ‘n eiland in die middel van die see! Hier word jy deel van my click nie oor jou duur Duitse kar nie, maar omdat jy my taal praat.

Hier word ek trots ‘n Kiwi, want my kinders weet ‘n Kiwi kan veilig in parke rondspeel, die soetste water uit die krane drink, die skoonste lug inasem en - veilig slaap.

O, hoe mis ek jou gemak! Ek mis Florence wat my huishouding seepglad laat verloop, wat sorg vir kraakwit perfek gestrykte hemde en beddegoed, geurige boerekos op my tafel, ‘n silwerskoon huis, vermaak vir my kinders – en meeste van die tyd: my beste vriendin! Ek mis my groot huis en wye tuin en my baie meubels en geduldige plastiek…Ek mis 7de Laan en Egoli, Kruispad en Noot-vir-Noot, Superrugby en “mooiweer en matig”…soms mis ek selfs die droogte… Ek mis Mug ‘n Bean en Montecasino en elf Kine’s langs mekaar met elk ‘n fliek elke 2 en-‘n-half-uur! Ek mis my silwer BMW met sy maintenance plan…Ek mis my Oupa en Ouma en my pa en my ma. Ek mis RSG en Niekie met Se-wie? .. Ek mis die Kyk Net-Top-Tien en die Dros Maandae na werk. Ek MIS die son!

Maar die beste van jou dra ek binne-in my - die deel wat maak dat ek als kan oorwin en als kan verdra: Ek is tough en daarom sal ek survive! Ek is gebore in Afrika  - en Afrika maak nie swak kinders nie! Ek sal alles wat my kant toe kom met moed kan oorwin, want ek is ‘n kind van Afrika!
 

Web Besoekers

Besoekers sedert Julie 2007!
mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag152
mod_vvisit_counterGister171
mod_vvisit_counterHierdie Week492

Google Translate

We have 45 guests online

Waar is ons?

Erediens Sondae om 09:30
40 Bronzewing Terrace
Unsworth Heights
Auckland
Kopiereg © 2010 ACK North Shore. Alle Regte Voorbehou