Tuisblad Bedieninge Gemeente Ontwikkeling
|
Gemeente Ontwikkeling
Ons beywer ons om langer-termyn groei, ontwikkeling en uitlewing van die gemeente visie te bevorder. So byvoorbeeld is daar die afgelope tyd gehelp met die opbou en inwerkingstelling van die nuwe Bestuursmodel van die gemeente en met die ontwikkeling van ‘n visie en doelstellings vir die Jeugbediening. Hierdie Bediening het ook gehelp met geslaagde Gemeente leiersgesprekke oor die uitdagings vir die toekoms van ons gemeente. Die gesprek is opgevolg om ‘n strategie te bepaal vir:
- Jeugbediening
- Tweetaligheid
- Omgeegroepe
Die mees onlangse Leiersgesprek was ‘n beplanninggeleentheid waarby die Gemeenteraad en ander leiers betrek is. Ons visie, ontwikkeling die afgelope jaar, waardes vir leierskap en praktiese beplanning is gedoen. Met al die Bedieninge betrokke is die kalender vir 2010 opgestel.
Ons is baie opgewonde dat ‘n Youth Leader aangestel is om vanaf Jan 2010 die tieners te begelei. Hierin het Gemeente Ontwikkeling die leiding geneem.
|
|
Waar is ons?
|
|
Erediens Sondae om 09:30
40 Bronzewing Terrace
Unsworth Heights
Auckland
|
Kopiereg © 2010 ACK North Shore. Alle Regte Voorbehou