Donderdag,09-September -2010
     
Tuisblad Bedieninge Geloofsfamilie Enkelouers & Alleenlopendes
 
Enkelouers en Alleenlopendes 

Carpe Diem!!  Gryp die geleentheid om deel te wees van ‘n wonderlike ondersteuningsgroep vir Enkelouers / Enkellopendes.  Ons vorm nog steeds deel van die groter ketting vandaar die naam:   ENKEL  SKAKELS!

Enkel in keuse of a.g.v. omstandighede, dit maak nie saak nie, die uitdagings, eise en emosionele druk om kop bo water te hou, bly vir ons almal dieselfde en daarom het ons geloofsfamilie nodig wanneer eie familie nie naby is om die nodige ondersteuning te kan bied nie.

Ons wil hierdie ketting saam vleg deur mekaar te ondersteun in geestelike groei, emosionele welstand, gesondheid, verhoudings, sosiale geleenthede, opvoeding, toesig, regsaspekte, finansies en alle behoeftes wat betrekking het tot die enkelpersoon.

Ons eerste byeenkoms is ‘n “ken mekaar” geleentheid en daar sal ‘n behoefte bepaling gedoen word om te besluit hoe ons Jaarprogram gaan lyk.  Dit gaan die vorm aanneem van ‘n “Koffiehuis Kuier” met lekker warm drinkgoed en koekies.  Datum, tyd en plek volg binnekort.

Word ‘n skakel in hierdie nuwe ketting.

Vir enige verdere besonderhede of navrae kontak ons asseblief.

 

 

Web Besoekers

Besoekers sedert Julie 2007!
mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag152
mod_vvisit_counterGister171
mod_vvisit_counterHierdie Week492

Google Translate

We have 43 guests online

Waar is ons?

Erediens Sondae om 09:30
40 Bronzewing Terrace
Unsworth Heights
Auckland
Kopiereg © 2010 ACK North Shore. Alle Regte Voorbehou