|
Omgee- en Geloofsfamilie
Die koördinering van selgroepe is hierdie nuwe bediening se verantwoordelikheid.
Dit sal die volgende aksies insluit:
- Bybelstudie
- Uitreiking na ander gelowiges buite ons gemeente
- Die identifisering van behoeftes
- Pro-aktiewe betrokkenheid
- Jaarlikse kermis en ander soortgelyke funksies
Aksies sal beplan word in 2009 na gelang van behoefte.
Doel van Omgeegroepe
- Dit verskaf die raamwerk waarbinne die lede mekaar kan bedien en waar hulle kan groei.
- Dit is die ruimte waar geloofsekerheid gevind kan word en ons toegrus kan word om uit te reik na ander wat nog nie ’n ontmoeting met Christus gehad het nie.
- Dit is die plek waar ons mekaar ontmoet, bedien en ander lede intrek. So vind groei en ook mettertyd, vermenigvuldiging plaas.
- Die liefde van Christus word sigbaar wanneer lede vir mekaar sorg, mooi verhoudinge het, tyd saam spandeer, mekaar dien en uiteindelik ook geestelik groei.
- Omgeegroepe is die plek waar lede mekaar se laste kan dra, help met moeilike besluite en hartseer.
- Dit is die oefenruimte vir geestelike lewe en groei. Lede leer die Bybel beter verstaan, begin om die Woord met ander te deel en dit help baie mense om geestelike volwassenheid te bereik.
- Omgeegroepe vorm ook die basis vir intersessie waar lede ernstig vir mekaar en ander kan intree in gebed.
- Projekte fokus op hulp en uitreikaksies en die lede help met ’n verskeidenheid aksies soos voorsiening van kos en die verspreiding van geestelike lektuur.
- Een van die belangrike doelwitte van die Omgeegroep is die ontvriesing van die gawes van lede sodat hulle die gawes van leiding, wysheid, barmhartigheid, kennis en profesie kan uitleef.
Ons wil graag elkeen van julle vriendelik uitnooi om saam met ons te deel in die verheerliking van ons Here Jesus Christus deur jou betrokkenheid by die Omgee- en Geloofsfamilie. Baie van ons wonder waarom so baie mense soveel baat vind in Omgeegroepe, en ons wil graag in kort vir julle die volgende voorhou en vertrou dat elkeen van julle hieruit genoegsame motivering en rede sal vind om betrokke te raak by hierdie bediening!
Jy word dan ook vriendelik uitgenooi om jou besonderhede aan Francois te gee deur slegs julle kontakbesonderhede in te vul op ‘n vorm wat hier beskikbaar is. Hierdie voltooide vorm kan na Francois gestuur word per epos of jy kan dit sommer saambring kerk toe.
Kontak gerus een van die omgeegroep leiers indien jy by hulle wil inskakel. Kliek hier vir die besonderhede van 'n groep naby jou!
Klier hier vir:
|