|
Bemarking & Kommunikasie
Die bediening se hoofdoel is die bemarking van die ACK deur middel van publikasies, die webwerf, promosies, en ondersteuning van die ander Bedienings op hierdie gebied, byvoorbeeld met hulp met die opstel van publikasies, taalversorging, skryf en dies meer.
Die benadering is tweeledig, eerstens binne en tweedens buite Nieu- Seeland oa in Suid-Afrika en behels bekendmaking van die kerk aan nuwe en toekomstige aankomelinge, werwing van nuwe lede, retensie van bestaande lede en beeldbou van die gemeente na buite – die gemeente se ”brand”.
Lidmate wat in bemarking of die webwerf belangstel of wat graag betrokke wil raak by die skryf of taalversorging van publikasies is welkom om van hulle te laat hoor.
Webinstandhouding: Vir enige navrae of kommentaar oor ons webwerf, kontak ons Webmeester.
Gemeente Afkondigings Blaadjie (Noordflits): Die afkondigingsblaadjie is elke Sondag by die kerkdeure beskikbaar. Besonderhede oor eredienste, die week se program en ander gemeente aktiwiteite is daarin beskikbaar. Die weeklikse versorging van die Noordflits word deur Linda Schultz gedoen. Alle nuus moet haar asseblief voor 17:00 Woensdae bereik om geplaas te kan word.
Ligdraers: Ons gemeente het ‘n kwartaalblad wat as ‘Ligdraers’ bekend staan en bevat ‘n versameling interessante leesstof van binne en buite ons gemeente. Ons nooi persone uit om enige artikels soos getuienisse of dinge wat gebeur het, wat gedeel kan word of enige iets christeliks wat in Ligdraers sal pas, vir Sanet Opperman aan te stuur. Nuwe idees en voorstelle altyd welkom.
Grafiese ontwerp: Publikasies, briewehoofde, doopbeloftes, huweliksbeloftes (troues) en vele ander grafika en ontwerpe word gedoen. Hier word gefokus om ons gemeente se visie en waardes uit te bou deur netjies versorgde materiaal en publikasies.
|
Skakelpersoon
Tel
Epos
|
: Danté Posthumus
: 09 - 475 5748
:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
|
|
Ons wil graag foto’s laat plaas op die webwerf by elke bediening dis redelik dringend.
Ons soek al lank na ’n fotograaf wie vir ons kan kom foto’s neem.
|