Donderdag,09-September -2010
     
Tuisblad Bedieninge Rubies Die Rubies
Rubies
 
Die naam “Rubies” is ‘n verwysing na die Ruby-steen (robyn). Destyds in die geskiedenis was dit een van die edelgesteentes wat as koop- en/of ruilmiddel gebruik was weens die kosbaarheid en waarde daarvan.

“Wat praat of sê die Bybel daaroor en wat is die konteks of verband waarin die naam RUBIES gebruik word?”
  • Rubies se verbintenis aan die vrou word aan waarde (kosbaarheid), wysheid en karakter gekoppel. Hier is een so ‘n vers:
  • “Who can find a virtuous woman? For her price is far above rubies” (KJV) Proverbs 31:10.
Die Rubies betrek die dames in die gemeente op beide geestelike en sosiale gebied. Al die dames van die gemeente word genooi om die samekomste by te woon, waarvan die inslag  een keer geestelik en die volgende sosiaal is. Die Rubie koördineerders vergader eenmaal per maand vir beplanning.

Daar was verskeie byeenkomste gedurende die afgelope jaar wat onder andere ‘n modeparade, 'n oggendtee en spreker by Wine Box, 'n sop-en-broodjie oggend met n spreker by Oteha Valley Primary School, 'n oggend tee by Bar Africa met kralewerk aanbiedinge, 'n Tenpin Bowling aand in Wairau Park en verskeie geleenthede by die kerk soos  Vadersdag, Moedersdag, Paasfees, Nagmaalsete, Ouetehuis Kersfees projek ens ingesluit het.

Die datums van Rubies byeenkomste vir hierdie jaar is op die kerkkalender. Interessante aktiwiteite en byeenkomste word beplan, onder andere ‘n dameskamp aan die einde van Maart 2010.

Dames word vriendelik uitgenooi om betrokke te raak.
 

Web Besoekers

Besoekers sedert Julie 2007!
mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag159
mod_vvisit_counterGister171
mod_vvisit_counterHierdie Week499

Google Translate

We have 42 guests online

Waar is ons?

Erediens Sondae om 09:30
40 Bronzewing Terrace
Unsworth Heights
Auckland
Kopiereg © 2010 ACK North Shore. Alle Regte Voorbehou