Ons bied ‘n verskeidenheid van aktiwiteite aan vir tieners:
Geloofsonderrig (“Sondagskool”)
Geloofsonderrig word aangebied vir kinders vanaf Year 7 tot Year 10. Ons gebruik tans die Checkpoints leerplan. Onderrig vind plaas Sondae direk na die erediens in die kerkgebou. Ons kom bymekaar is die kerk vir ‘n glasie koeldrank of hot chocklate voor die les begin.
Koordineerder
Tel
:Dirk Potgieter :442 1179 of 021 720 723
Belydenisgroep
Ons belydenisgroep word aangebied vir tieners in Year 11, maar ons het ook ‘n aantal lede in Year 12 of 13 – almal is baie welkom. Ons kom Donderdag aande om 18:00 byeen by ‘n gemeentehuis soos van tyd tot tyd gereël.
Koordineerder
Tel
:Danie Marais :473 5320
Sosiale tuiste vir die jeug
Ons bied ‘n heerlike sosiale tuiste vir alle tieners (Year 7 – Year 13). Sien facebook: “ACK Soldiers of God”
Ons het gekamp in die begin van die jaar en die verskeie spanne moes toe meeding om 'n span naam, wapen en liedjie te kies vir die jeuggroep van die ACK North Shore. Almal moes stem vir die beste span en die naam "Soldiers of God" is gekies.
Ons bied gedurende skooltyd elke 2 weke 'n bedrywigheid aan. Dit gebeur iewers in die naweek - soms Vrydagaand, Saterdag of Sondag middag of Sondagaand.
Die dinge wat ons doen is gekies deur die SoG verteenwoordigers. Mini-gholf, fliek (almal stem per txt en dan kyk ons die gewildste movie), Singstar, Charades(Stom-streke), Mega-force,Pannekoek bak, safari-ete(eet voorgereg by 'n tannie en dan die hoofgereg by 'n oom en die nagereg by iemand anders - stap van huis tot huis, 10 pin bowling & roller-blading.
Ons beplan die volgende goedjies in die komende weke:
Waterkaskenades
Go-cart
Safari-ete
Sing vir ou mense
Ons kondig dit in die kerk af die vorige Sondag maar ook stuur ons txt'e uit om SoGs te herinner. As jy nie so 'n uitnodiging kry nie moet jy asb vir Wiehan 'n txt stuur met jou naam sodat jy op die lys kan kom.