Maandag,06-September -2010
     
Tuisblad Wie is ons Ons Leraar

 MEER OOR DANIE MARAIS:

Hy is ‘n half marathon atleet, draf 15 km minstens drie keer per week, is baie lief vir pampoen, braai en kerrie en rys en sy vrou sê hy is ‘n voorslag  as dit by stofsuig kom.  Danie Marais, die leraar van ACK North Shore van Mei 2006, is ‘n gebore Bloemfonteiner wat op Sentraal op skool was en by Kovsies geswot het, waar hy na een jaar op Maties se teologiese skool deel was van die pioniersgroep by die nuwe kweekskool by Kovsies. In sy 5de jaar is hy en Gladys getroud. Sy was ‘n verpleegkunde student toe hulle ontmoet het en sy is tans die bestuurder van die Maureen Plowman Resthome in Browns Bay.

Twee jaar in die weermag ( infanterie) in Ladysmith in Natal het na sy graad gevolg en die tweeling Tobie en Esmari is in die tyd gebore.  Hierna het Danie en Gladys weer van provinsie verander toe hy na die Blanco gemeente in George beroep is.  Elmar is in George gebore. Tobie en Elmar het beslis hul Ma se musiektalent geërf en is gereeld agter die kitare en dromme in die kerk te sien!

Aan die einde van 2004 het  Danie en Gladys vir die eerste keer na Nieu-Seeland gekom om weg te breek en die land bietjie  te kom verken tydens langverlof. Hulle geniet die natuur, kamp, stap en toer en soek nog die perfekte kampeerplek in Nieu-Seeland!  Danie het destyds selfs in die Warehouse in Wellington gewerk en Gladys het verpleeg.

Die leraarpos by die ACK North Shore is aan die einde van 2005 adverteer en is hy beroep na onderhoude en ‘n proefpreek in Januarie 2006. Op 16 Mei 2006 lewer hy sy intreepreek.

Kinders speel ‘n baie belangrike rol in die diens en Danie se sin van humor, sy liefde vir en aanslag met die heel kleintjies is duidelik. Hy het 'n passie vir berading en is 'n gekwalifiseerde berader wat verhoudings en trauma betref.  
 
Van die veranderinge wat hy in die gemeente gesien het vanaf sy aankoms is die betrokkenheid van meer lidmate en energie wat loskom. Die rol wat die nuwe Bestuursmodel speel om geroepe persone hulle inspirasies te laat uitleef, voel hy is geweldig positief. Daar ontwikkel ook nuwe inisiatiewe waarvoor lidmate eienaarskap aanvaar en daar is meer oop kommunikasie met deursigtigheid.

Danie noem dat hy graag wil sien dat ons gemeente haar visie kan begin uitleef - na binne en veral na buite! “ Dit sal fantasties wees as lidmate hul gawes en passies aktief in diens van God stel sodat elkeen 'n positiewe en kreatiewe bydrae in die gemeente kan maak. Verantwoordelikhede en take moet ons almal s'n wees en ons karakter moet diensgerig, vriendelik, oop, aanvaardend en nie-veroordelend wees. Ons moet 'n gemeente wees waar daar ruimte vir elkeen kan bestaan wat die Here liefhet ongeag uit watter geestelike agtergrond jy vandaan kom” sê hy.

 

Web Besoekers

Besoekers sedert Julie 2007!
mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag132
mod_vvisit_counterGister182
mod_vvisit_counterHierdie Week1488

Google Translate

We have 69 guests online

Waar is ons?

Erediens Sondae om 09:30
40 Bronzewing Terrace
Unsworth Heights
Auckland
Kopiereg © 2010 ACK North Shore. Alle Regte Voorbehou