Tuisblad Wie is ons Doop
|
Doop
Aangesien ons gemeente saamgestel is uit lidmate wat vanuit verskillende kerklike- en geestelike agtergronde kom, word daar ruimte gemaak wat die doop betref. Ons wil die saak rondom die doop nie as ’n kern-saak sien en in leerstelligheid daarmee verval nie.
Pleks om die doop ’n ‘leerstellige kwessie’ te maak, word voorsiening gemaak vir ’n mate van variasie op die tema van Bybelse interpretasies daarvan. Ons is uit die aard van die saak verbind om beide Kinder- of Volwasse Doop en ook Kindertoewyding so te bestuur dat dit Skriftuurlik verantwoordbaar is. Volwasse doop kan besprinkeling of onderdompeling insluit.
Ons benadering is in harmonie met die resultate van ’n omvattende opname wat onder lidmate gedoen is oor onder meer die hantering van die sakramente in ons gemeente.
As Geloofsfamilie staan die sentrale waarheid ononderhandelbaar vas, naamlik dat Jesus Christus die “Weg, Waarheid en Lewe” is (Jh 14:6).
- Kinderdoop / Kindertoewyding vind gewoonlik die eerste Sondag van ’n maand plaas
- Volwasse doop – soos behoefte voordoen
|
|
Waar is ons?
|
|
Erediens Sondae om 09:30
40 Bronzewing Terrace
Unsworth Heights
Auckland
|
Kopiereg © 2010 ACK North Shore. Alle Regte Voorbehou