Donderdag,09-September -2010
     
Tuisblad Wie is ons Geloofsfamilie
Geloofsfamilie
 
Ons is 'n Geloofsfamilie wat graag ons roeping in New Zealand wil uitleef. Ons is hier onder die diepe besef dat ons roeping bepaal wat ons karakter is. Ons droom daaroor om die mees liefdevolle en uitreikende Christelike tuiste in New Zealand te wees vir gemeentelede, hulle familielede en vriende, asook vir soekers in ons gemeenskap.
 
North Shore gemeente strewe na opregte geloofservaring en gee erkenning aan verskillende generasies en elkeen se unieke styl van aanbidding en belewing van God. Ons wil 'n veilige tuiste skep waar ons met hart en hande kan uitreik na elkeen in ons geloofsfamilie en na ons medemens in die gemeenskap, met warmte, liefde en aanvaarding. Ons wil ook graag ruimte bied waar elkeen aktief kan bydra tot ons geloofsfamilie se doelstellings, volgens ons talente, gawes en inspirasie, en saam bou aan die uitlewing van ons drome.
 
Jesus se voorbeeld van Leier wat dien, is ons aansporing om geestelik te groei en te ontwikkel sodat ons toegerus kan wees vir diensbaarheid en dissipelskap in die gemeenskap waar ons leef en werk.
 
Ons dien en loof God-Drie-Enig jubelend, gelei deur Sy Woord, soos vervat in die Bybel, en onder leiding van die Heilige Gees. Ons oog bly gefokus op Jesus Christus (Heb 12: 2) terwyl ons strewe om Hom as persoonlike Saligmaker te bely en meer en meer soos Hy te word, sodat ek reg sal wees wanneer Hy weer kom.

Ons wil te alle tye oop, deursigtige en deelnemende kommunikasie beoefen en ondersteun. Daarom word jy vriendelik genooi om in te loer by al die interessante inligting op ons webtuiste en ons beter te leer ken.

ONS GELOOFSFAMILIE IS JUBELENDE DRAERS VAN JESUS SE LIEFDE EN LIG
 

Web Besoekers

Besoekers sedert Julie 2007!
mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag159
mod_vvisit_counterGister171
mod_vvisit_counterHierdie Week499

Google Translate

We have 41 guests online

Waar is ons?

Erediens Sondae om 09:30
40 Bronzewing Terrace
Unsworth Heights
Auckland
Kopiereg © 2010 ACK North Shore. Alle Regte Voorbehou