Tuisblad
|
Ons gemeente se Roeping in hierdie land waarheen die Here ons gelei het, is om die mees liefdevolle en uitreikende Christelike tuiste in New Zealand te wees vir gemeentelede, hulle familielede en vriende, asook vir soekers in ons gemeenskap.
- Ons dien en loof God-Drie-Enig jubelend, gelei deur Sy Woord, soos vervat in die Bybel, en onder leiding van die Heilige Gees
- Ek strewe na opregte geloofservaring en gee erkenning aan verskillende generasies en elkeen se unieke styl van aanbidding en belewing van God
- Ek bely Jesus Christus as my persoonlike Saligmaker, en word meer en meer soos Hy, sodat ek reg sal wees wanneer Hy weer kom
- Ek wil graag geestelik groei en ontwikkel, om toegerus te word vir diensbaarheid en dissipelskap, volgens Jesus se voorbeeld van leier wat dien
- Ek reik met my hart en hande uit na elkeen in ons geloofsfamilie en na my medemens in die gemeenskap, met warmte, liefde en aanvaarding
- Ek onderneem om aktief by te dra tot ons geloofsfamilie se doelstellings, volgens my talente, gawes en inspirasie, en bou saam aan die uitlewing van ons drome
- Ek beoefen en ondersteun te alle tye oop, deursigtige en deelnemende kommunikasie
Ons geloofsfamilie is jubelende draers van Jesus se liefde en lig
|
|