Dinsdag,09-Februarie -2010
     
Tuisblad
Baie hartlik welkom op ons webtuiste!

  Bestel jou ACK North Shore "Toy Story" DVD hier.


Wat kan ek verwag?

North Shore Gemeente van die Afrikaanse Christen Kerk van New Zealand bied aan christene van alle ouderdomme en kerklike agtergronde die geleentheid om op ’n gemaklike en informele wyse die Here met passie te leer ken en te dien. Jy moet jouself kan vereenselwig met ons gemeente se styl en karakter met die roeping om jou gawes en talente hier te kan uitleef!
 
Na die groet en verwelkoming van die gemeente Sondagoggende, word nuwelinge en besoekers verwelkom deur hulself aan die gemeente voor te stel. Dan volg ‘n klompie aankondiginge van aktiwiteite of  nuuswaardighede.
 
Die erediens word voortgesit deur ’n lofprysing- en aanbidding sessie en dan ’n boodskap van die leraar. Tydens die erediens kom die kinders van 3-11 jarige ouderdom byeen vir Promiseland waar hul Geloofsonderrig ontvang. Die tieners kom in hul onderskeie groepe na die erediens byeen om toerusting te kry. Een maal ’n maand word lidmate wat nuut by die gemeente aangesluit het aan die gemeente voorgestel en verwelkom. Ons ouer lidmate (Alikreukels) hou ook maandeliks ’n lekker saamkuier en –eet geleentheid waarna hul baie uitsien. 
 
Na elke erediens drink almal eers lekker tee/koffie saam, terwyl die week se nuus uitgeruil word – natuurlik ’n ideale geleentheid om nuwe vriende te maak as jy nuut in die gemeente is! Die gesellige kuier by die tee bied aan elkeen die kans om bande met ons Geloofsfamilie te bou en te versterk.
 
Omgeegroepe word in die vooruitsig gestel vir 2009. Die lewensomstandigede van mense het drasties verander en kosbare ankers is gelig na die verskuiwing vanuit Suid-Afrika na ’n nuwe tuiste.

Gemeentelede word ook aangemoedig om by een van ons vele bedieninge in te skakel – dis die beste manier om deel te word van ons familie!  

ONS GELOOFSFAMILIE IS JUBELENDE DRAERS VAN JESUS SE LIEFDE EN LIG
 

Bybelvers van die dag...

Matthew 5:43-45
“[Love Your Enemies] "You have heard that it was said, 'You shall love your neighbor and hate your enemy.' But I say to you, Love your enemies and pray for those who persecute you, so that you may be sons of your Father who is in heaven. For he makes his sun rise on the evil and on the good, and sends rain on the just and on the unjust.”

Brought to you by BibleGateway.com. Copyright (C) ESV. All Rights Reserved.

Gemeente Credo


Ons gemeente se Roeping in hierdie land waarheen die Here ons gelei het, is om die mees liefdevolle en uitreikende Christelike tuiste in New Zealand te wees vir gemeentelede, hulle familielede en vriende, asook vir soekers in ons  gemeenskap.
  • Ons dien en loof God-Drie-Enig jubelend, gelei deur Sy Woord, soos vervat in die Bybel, en onder leiding van die Heilige Gees
  • Ek strewe na opregte geloofservaring en gee erkenning aan verskillende generasies en elkeen se unieke styl van aanbidding en belewing van God ...

Lees meer

Ons Waardes


Ons Gemeente Waardes:
  • Ons dien en loof God-Drie-Enig jubelend, gelei deur Sy Woord soos vervat in die Bybel, en onder leiding van die Heilige Gees
  • Ek bely Jesus Christus as my persoonlike Saligmaker, en word meer en meer soos Hy, sodat ek reg sal wees wanneer Hy weer kom ...
    Lees meer

Ons Roeping


Om die mees liefdevolle en uitreikende Christelike

tuiste in New Zealand te wees vir gemeentelede,

hulle familielede en vriende,
asook vir soekers in ons

gemeenskap.

Lidmaatskap

     

 
Dit is belangrik om iewers te behoort - meeste van ons het dié behoefte. Ons ontvang graag nuwe lidmate. kliek hier vir die Lidmaatskap Aansoekvorm vir belydende lidmate.

Adresverandering

  Ons wil graag ons rekords op datum hou. Stuur asb. enige verandering van besonderhede (veral adres, e-pos of telefoon) na Wilma Joubert by kerkadmin@acknorthshore.co.nz of kliek hier vir die Adresveranderingsvorm.

 

Online Shop

Your cart is empty

Belangrike Datums

Behoeftes

Benodig jy dalk iets of weet jy van behoeftiges in ons gemeenskap? Kontak gerus vir Heinrich & Madelyn met jou versoek by gasvryheid@acknorthshore.co.nz

Navorsing

Ds. Tienie Bekker het navorsing gedoen oor immigrasie stress. Lees gerus 'n gedeelte van sy bevindinge hier.

Bestuursmodel

Weet jy hoe lyk ons Raamwerk vir Leierskap & Bestuur? Kliek gerus hier vir die PDF weergawe.

Global Challenge Nuusbrief

Nuusbriewe van ons twee
“sendelinge”op
Global Challenge 2009.

Web Besoekers

Besoekers sedert Julie 2007!
mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterVandag306
mod_vvisit_counterGister380
mod_vvisit_counterHierdie Week306

Google Translate

We have 118 guests online

Waar is ons?

Erediens Sondae om 09:30
40 Bronzewing Terrace
Unsworth Heights
Auckland
Kopiereg © 2010 ACK North Shore. Alle Regte Voorbehou